Leeutjies en Lammetjies is ‘n Christelik gebaseerde kleuterskool geleë in Montana Park, in die Noorde van Pretoria. Die skool bestaan al meer as 21 jaar.
By Leeutjies en Lammetjies is dit vir ons belangrik om ‘n liefdevolle omgewing te skep waar ons werklik omgee vir elke kind. Hierdie omgewing lei daartoe dat die kinders van ons Sentrum bekwaam voel en met selfvertroue kan floreer. Die positiewe interaksie tussen ons personeel en u kind verseker ‘n perfekte begin vir ‘n skoolloopbaan met die fokus op akademiese ondersteuning, erkenning van elke individu se talente en gawes en respek vir mekaar en ons verskille. Kleuterskool is die begin van u kind se opvoedkundige reis. By Leeutjies en Lammetjies voorsien ons ‘n positiewe leeromgewing waar ons kinders ‘n liefde vir leer kweek. Hierdie omgewing sluit ‘n verskeidenheid stimulerende en aangename leerervarings in.
Die missie van Leeutjies en Lammetjies is ondergeskik om elkeen doelgerig ‘n dissipelmaker te maak vir Jesus. As daar nie op hierdie jong ouderdom al Geestelik ingebou word in die lewens van kinders nie raak die kanse al hoe minder dat hulle wel as hulle ouer is gelowig sal wees.