Menu Close

Eienaar

LL E

Ons skoolhoof, Erika van Graan is die eienaar van Leeutjies en Lammetjies. Erika is ‘n dinamiese sakevrou wat die kleuterskool 19 jaar gelede gestig het met die hoofdoel om ‘n uitnemende Vroeë Kinderontwikkeling Sentrum met ‘n liefdevolle omgewing waar jong kinders aangemoedig word om hulle volle potensiaal te bereik in die Noorde van Pretoria te vestig. Sy streef voortdurend daarna om te verseker dat elke kind wat deur haar Sentrums se deure stap ‘n stewige akademiese fondasie en goeie sosiale vaardighede het en dat hulle emosionele intelligensie hulle in staat sal stel om groot te droom en eendag suksesvolle volwassenes te wees.