Leeutjies en Lammetjies spog met goed beplande infrastruktuur wat dit vir die skool moontlik maak om daagliks die beste voorskoolse opvoeding aan elke kind te kan bied.
Leeutjies en Lammetjies het drie spesialiteitsfases, naamlik: die Babas, die Peuterfase en die Kleuterfase wat gehuisves word in moderne klaskamers wat verseker dat elke kind, in elke fase, hulle ontwikkelingsmylpale bereik.
Ons is trots om te sê dat ons oor van die grootste speelgronde van die kleuterskole in die omgewing beskik.
Ons goed toegeruste, kleurvolle, kindervriendelike en ruim speelgronde is ‘n uitbreiding van ons klaskamers om voortgesette leer te verseker terwyl u kind speel en verken.
Ons bied ‘n wye verskeidenheid toerusting en speelareas om by te dra tot ons holistiese benadering van kinderontwikkeling
Ons akkommodeer babas van 3 maande en ouer.
Ons kinders voel altyd tuis in ons huislike omgewing.
Ons groot, goed toegeruste klaskamers en speelgronde bied eindelose geleentheid vir verkenning en optimale ontwikkeling.
Hierdie ideale omstandighede verseker dat ons kinders slaggereed is vir “Grootskool” wanneer hulle, hulle Graad 1 skoolgereedheidsjaar voltooi het.
Die skool se kurrikulum is ontwikkel om op ʼn “speel-speel” grondslag die kinders voor te berei vir skoolgereedheid. Leeutjies en Lammetjies kan ongeveer 120 kinders per skool akkommodeer. Ons klassies is klein en nie oorvol nie sodat ons optimale ontwikkeling kan verseker in elke ouderdomsgroep. Die opvoeders sowel as die assistente is goed opgelei en passievol oor die daaglikse versorging en opvoeding van elke kind wat in ons sorg geplaas word.